JOIN OUR MAILING LIST


 

 

 

 

 

 

 

 

Loretta Vosloo is 'n toegewyde Christen wat haar lewe daaraan toewy om die Woord van God in waarheid te verkondig.  Sy is gebore in 1958 in Virginia (Vrystaat), en het tot bekering gekom in 1976.  Daarna is sy getroud met Dawid Vosloo.  Twee dogters is gebore, waarvan die jongste in 'n ambulans-ongeluk sterf in 2008.  Sy bekwaam haarself in pastorale teologie op die ouderdom van 45 en betree die bedieningsveld.

Tans spits sy haarself daarop toe om haar bediening deur die verkondiging van die Woord.  Sy gebruik ook skryfkuns as 'n media om gewilde en relevante onderwerpe soos die Wederkoms van Jesus Christus te bespreek.  Hierdie is dan ook haar eerste publikasie genaamd:  "Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus."

Dit was in ongeveer 1985 toe die Here deur Sy Gees met haar begin praat het oor die "geheime wegraping".  Nadat sy dan die Skrifte oor die wederkoms, in waarheid en opregtheid ondersoek het, het sy tot die besef gekom dat hierdie leerstelling nie die waarheid is nie.  Sy kon nie een enkele vers in die Bybel kry wat hierdie leerstelling volledig ondersteun nie.  Sy het ook van toe af by ander predikers wat dieselfde siening oor die wederkoms gehuldig het, bevestiging ontvang dat hierdie waarheid oor die wederkoms, absoluut gestaaf kon word uit die Woord van God.

Haar doel met hierdie skrywe is om mede-gelowiges aan te moedig tot self-studie van God se Woord, asook om menslike leerstellings te toets aan die waarheid van die Woord.  Sy glo dat ons in die laaste dae lewe en dat ons alleenlik deur die openbarings-kennis van God se Woord genoeg olie in ons kanne sal kry om die middernag-uur wat oor die hele wêreld sal kom, te kan oorwin.



Terug Terug na bo