JOIN OUR MAILING LIST

"Wanneer 'n mens 'n geliefde verloor, woon jy in 'n baie koue, donker plek en jou verbly daar kan voel soos 'n ewigheid." - Doris Botma

My jongste dogter Mariska, was toegewyd aan haar beroep as Paramedikus en aan die einde was dit haar roeping wat haar lewe geëis het!

Wanneer 'n kind dan sterf, kom die ouers voor die onverstaanbare te staan.  Hulle sal die volgende woorde uiter: "Nooit in my wildste drome sou ek ooit kon dink dat my kind voor my sou sterf nie...ek moes dan voor hom/haar gesterf het! Ek bedoel, dit is hoe dit veronderstel is om te werk al dan nie?"

Die afsterwe van 'n kind is miskien die ergste verlies wat 'n ouer kan verduur in hierdie lewe.  Hoe kan enige ouer voorbereid wees op die skok van 'n seun of dogter se afsterwe.  Vra maar enige ouer en hulle sal heel moontlik sê: "Ek kan my dit nie voorstel nie...Ek sal dit nie oorleef nie...Ek sal nooit weer dieselfde wees nie!" Niks kan ooit naby die onbeskryflike pyn kom wanneer jou kind sterf en jy dan nog boonop met die hopeloosheid en verlange wat daarmee gepaard gaan, moet deel nie.  En alhoewel ouers dan wel hierdie tragedie oorleef, verander hierdie verlies hulle hele lewe vir altyd!

Hierdie boek sal u nie net help om die afsterwe van u kind of geliefdes te verwerk nie, maar dit sal u ook aanmoedig om weer op te staan en aan te gaan met u lewe.  Ek kan verseker sê, met die Here se hulp is daar weer lewe na 'n kind se dood! My lewe en ook baie ander ouers wat deur dieselfde proses gegaan het, se lewe getuig daarvan.  Alle eer aan die Here!

Terug Terug na bo